Huisgenoot

PER TOEVAL ’N GHOEROE

EK VRA Deepak Chopra wat die twee interessantste dinge is wat hy die afgelope 24 uur gesien of geleer het. Hy bly ’n oomblik stil en oorweeg sy antwoord.

Ons sit in ’n vertrek van sy kantoorruimte in die middestad van Manhattan. Plastiekswaaistoele, kaal mure, ’n grootskerm vir konferensieoproepe.

“Vanoggend … ?” Hy dink daaroor. Vanoggend het hy soos gewoonlik vyfuur opgestaan en twee uur lank joga gedoen en ’n uur gemediteer. Geen ontbyt nie. Deepak eet net een maaltyd per dag – ’n laat middagete of ’n vroeë aandete.

Hy het ’n onderhoud vir sy YouTubekanaal gevoer met, soos hy dit stel, “ ’n presidensiële kandidaat wat nie gaan wen nie” – Marianne Williamson, wat haar as Demokratiese kandidaat verkiesbaar gestel het en haar beywer vir ’n einde aan die “war on drugs” en die skepping van ’n Amerikaanse “departement van vrede”. Deepak het toe die vyf minute vanaf sy blyplek gestap. Sy reklameagent noem dit sy “gevorderde welstandswoonstel”. Hy woon daar saam met sy vrou van 53 jaar, Rita. Die egpaar het twee kinders, Gotham, ’n mediaentrepreneur, en Mallika, ’n skrywer en motiveringspreker, en drie kleinkinders.

Hy sê toe hy Union Square oorgesteek het, het hy verby ’n kennisgewing gestap wat hy elke dag sien. “Daarop staan ons het vyf jaar oor voor die klimaatskrisis onomkeerbaar word. Niemand stop om dit te lees nie. Ek is die enigste een wat daarna kyk. Dit lyk asof ons in ons slaap na uitsterwing toe loop, net met daardie een ding: klimaatsverandering, en klimaatsgedrewe verandering – konflik, oorlog, terrorisme, kernwapens – wat sal oorneem en alles anders op die agtergrond plaas. So dis een ding wat ek gesien het. “Die hele scenario spel uitsterwing,” gaan hy voort. “En

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Ou Kallie werk by ’n winkel wat elektroniese toerusting verkoop. Op ’n dag kom ’n dief in en hardloop met ’n TV-stel uit. Kallie hardloop dadelik agterna terwyl hy uitasem skreeu: “Stop, stop! Jy het die afstandbeheerder vergeet!” JOHANNA RADEMEYER “
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot1 min read
Internasionale Eer Vir Plaaslike Omgewingsaktiviste
TWEE Suid-Afrikaanse omgewingsaktiviste is aangewys as die gesamentlike wenners van die Goldman-prys vir Afrika. Sinegugu Zukulu en Nonhle Mbuthuma het sleutelrolle gespeel daarin om die maatskappy Shell se planne te keer om seismiese toetse aan die

Related