Wolwaardeketting
Verstedeliking en veranderinge aan waardekettings het die meeste mense ver verwyder gelaat van alles wat gebeur vandat ’n skaap geskeer word totdat hulle ’n woltrui in die winkel kan koop.
Omdat so min wol plaaslik verwerk word, is daar ook boere wat nie presies weet hoe hul wol ná ’n veiling gebruik word en wie die mense is wat dit verwerk of koop nie.
Dit is besig om te verander. Die afgelope twee jaar word alles wat met wol te doen het – van die veld waarop die skape wei tot hoe hulle geskeer en die wol verder verwerk word – op ’n fees in en om Middelburg