Weg!

BRIEWE

Dis net mýne!

Ons het in November 2023 in die Sandrivierboskamp in die Krugerwildtuin gebly. Dis naby die Skukuza-ruskamp en word deur Sanparke se ereveldwagters bestuur. Ons het een middag net buite die kamp op hierdie luiperd en sy vangs afgekom. Hiënas het onder die boom gewag en die rooibok se lam het onder ’n bos weggekruip.

Ons het veilig foto’s uit ons voertuig geneem totdat die luiperd homself uit die voete gemaak het – kyk net daardie oë!

Die volgende oggend het ons saam met ’n gids in die gebied gestap en net die rooibokkarkas was oor. Wat ’n ongelooflike ervaring!

EMILL HABIG, Vereeniging

SKRYF AAN ONS EN WEN!

Hierdie kollig is herlaaibaar en lewer ’n sterk ligstraal van tot 6 300 lumens oor ’n afstand van tot 1 100 m. Dit het vyf modusse en verskaf lig vir 2,5 tot 40 ure afhangend van die modus wat jy gebruik. Die huls is duursaam met ’n rubbergreep en dit lei hitte weg van die LED-lig om dit te beskerm. Die lig het ’n USB-C-laaier en ’n motorlaaier, asook ’n los rooi lens wat jy kan gebruik om snags wild te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related