Weg!

BRIEWE

’n Geveg in vlug

Ons het onlangs by die Sunsetdam naby Onder-Sabie in die Krugerwildtuin vir oggendkoffie stilgehou toe ons ’n reusevisvanger op die wal van die studam sien sit wat aanhoudend skreeu.

Groot was ons verbasing toe ’n tweede visvanger ook daar kom sit en ons het na ons kameras gegryp. Die twee visvangers het mekaar vir ’n lang ruk net aangegluur en toe skielik het hulle mekaar aan die keel gegryp.

Dit was die begin van ’n groot geveg – op die wal, in die lug, terug op die wal... hulle het mekaar selfs in die dam gegooi! Ná ’n doodse stilte het net een visvanger uit die water verskyn en ons het gedink die ander voël het verdrink, maar ná ’n paar minute het hy met ’n spoed weggevlieg. Wat ’n belewenis!

MARIE BOTHA, BOKSBURG

Marakele mag maar

Ek het in Maart 2023 die 10 km-wedloop van die Marakelemarathon in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related