Huisgenoot

PSIGE VAN ’N SKIETER

LITTLETON, Colorado, is nie bekend vir die pizza wat ’n mens daar kan koop nie. En selfs al was dit, is Blackjack Pizza waarskynlik nie die soort plek waarvoor jy vreeslik ver sou ry nie. Maar dit is presies wat Jeremy en Eliza gedoen het, en Jeremy was uit sy nate. Vir hom was dit die perfekte plek om ’n ma-en-seunvakansie mee af te sluit.

Dit was by hierdie restaurant waar die twee seuns wat in 1999 altesaam 13 mense by die Columbine High School vermoor het saam deeltyds gewerk het. En hulle was Jeremy se helde.

In die vroeë 2000’s het Jeremy (nie sy regte naam nie) maande lank probeer om sy ma te oortuig om hom na die toneel van die berugste massaskietvoorval in die Amerikaanse geskiedenis te neem. Nou het hy haar op ’n unieke toer begelei. Hy wou ’n weermagjas koop, pizza eet – en hy wou die skool self sien.

Die tiener het hul hele reis op sy videokamera opgeneem en heeltyd uitasem kommentaar gelewer. “Dis die buurt waar een van die ouens gebly het,” sê hy oorstelp. “Kyk net na hierdie plek. Dis pragtig.” Agter die stuur langs hom glimlag Eliza flou.

Vier maande later was dit duidelik sy het vergeefs gehoop die makabere reis sou haar seun se belangstelling in skoolskietvoorvalle tot bedaring bring.

Jeremy het aan depressie en paranoia gely en verskeie kere probeer selfmoord pleeg. Hy is in psigiatriese sorg geplaas nadat hy vir ’n maat ’n video van homself met ’n vuurwapen gestuur het. Maar ondanks die gevaar vir homself en ander is hy binne drie weke ontslaan.

’n Maatskaplike werker is aan hom toegewys. Sy het dadelik besef daar’s groot fout en probeer om hom in ’n behandelingsprogram vir psigose te laat opneem, maar die kliniek wou hom nie toelaat nie. Hy het sy volgende afspraak misgeloop. Sy het hom toe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related