Huisgenoot

MY OORGANG, DIE TRONK EN EK

EEN middag in Februarie 2010, met ’n sneeustorm wat buite woed, het ’n 22-jarige in ’n kafee in Rockville, Maryland, gaan sit en sy skootrekenaar oopgevou. Hy was ’n Amerikaanse ontleder van militêre intelligensie, op verlof uit Irak.

Oor die volgende paar uur het Bradley Manning oor die winkel se sukkelende Wi-Fi geworstel om ’n magdom hoogs geheime militêre dokumente te stuur na WikiLeaks, die fluitjieblaserwebtuiste wat deur Julian Assange gestig is.

Teen die tyd dat hy klaar was, ’n halfuur voor die kafee om 22:00 sou sluit, het hy byna ’n halfmiljoen verslae oor oorloë, ontploffings en sterftes gelek – elke enkele verslag wat die weermag al saamgestel het oor dinge wat in die oorloë in Irak en Afganistan skeefgeloop het. Hy het die data vroeër op ’n geheuekaart uit sy kamera in Bagdad gesmokkel.

Met sy terugkeer na Irak het hy nog inligting aan WikiLeaks laat uitlek, insluitend video’s van sinnelose moorde gedurende ’n helikopteraanval op Bagdad, asook van ’n aanval op ’n Afgaanse dorpie wat waarskynlik 147 burgerlikes se dood veroorsaak het.

Hy het gehoop as hy oor dié rampe uitpraat, sou mense ophou om die troosverhale te glo dat Amerika se oorloë in hierdie streek bevrydingsoorloë is.

Hy wou mense eerder oorhaal na sy siening, naamlik dat die oorlog ’n chaotiese stryd is wat nooit gewen kan word nie en waarvan die doel is om deur vrees Amerika se invloed op die streek af te dwing.

Maar pleks daarvan dat hy mense se sienings verander het, het sy fluitjieblasery sy lewe verander. Die Pentagon en pres. Barack Obama het in dié ongelukkige, miskien misleide maar ongetwyfeld dapper jong rekruut nog ’n vyand gesien.

Hy is in Mei in hegtenis geneem en het 49 dae deurgebring in ’n hok wat hy geglo het beter geskik was vir ’n groot dier.

Hierop volg ’n tyd waar hy by die militêre basis in Quantico, Virginië, aangehou is, waar, volgens die bevindings van ’n latere VN-ondersoek, sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related