Huisgenoot

DIE VERHOOR WAT DIE WÊRELD RUK

DIT is telkemale beskryf as die “verhoor van die eeu”, met al die elemente van ’n boeiende hofdrama wat niemand ooit kan vergeet nie. Daar was woede en trane, grusame beskrywings en hartverskeurende demonstrasies, en ’n wêreldbekende atleet in die beskuldigdebank. Die tragedie waarom alles gewentel het, was ondenkbaar: ’n pragtige, talentvolle jong vrou doodgeskiet in die fleur van haar lewe.

En dít deur haar eie kêrel in die badkamer van sy huis.

Boonop het hofgangers én kykers van die regstreekse televisieuitsending van die verhoor die verdriet van die beskuldigde en slagoffer se families eerstehands aanskou. En oplaas kom daar toe in Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof die vonnis ná sy skuldigbevinding: Die lemnaeler Oscar Pistorius gaan tronk toe omdat hy Reeva Steenkamp in die middernagtelike ure voor Valentynsdag in 2013 doodgeskiet het.

Huisgenoot onthou die grootste oomblikke van die hofsaak wat Oscar se lot geseël het.

SLEUTELGETUIENIS

Die staat het 107 moontlike getuies ingesluit in hul saak teen Oscar en eindelik 20 getuies geroep om in byna 50 hofdae, wat oor sewe maande uitgestrek was, te getuig. Dit was alles om te bepaal wat werklik kort ná drieuur die oggend

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related