Huisgenoot

NOOIT TE OUD NIE

‘EK WOU OOR NIKS SPYT WEES NIE. EK HET BLY DINK OOR AL DIE DINGE WAT EK ANDERS KON GEDOEN HET’

AL WAS dit destyds oral in die nuus, is die storie van Diana Nyad se rekordswem van Kuba af tot in Florida steeds vir my amper onmoontlik om te glo. Sy was 64 jaar oud toe sy ná vier mislukte pogings haar ongelooflike prestasie in 2013 behaal het.

Voor sy daarvoor begin oefen het, het sy 30 jaar lank nie geswem nie. Wat sy gedoen het, was nie net indrukwekkend vir haar ouderdom of dat sy die eerste vrou was wat dit reggekry het nie.

Dit sou vir enigiemand van enige geslag en enige ouderdom verstommend gewees het.

Met net ’n swembroek van dun materiaal aan het sy deur van die gevaarlikste waters op aarde geswem – téén die stroom in waters vol haaie. Dit het 53 uur gevat. Sy het nie geslaap of selfs ’n blaaskans ge-vat terwyl sy ’n afstand van 177 km afgelê het nie. Dis vyf keer so ver as wanneer jy oor die Engelse Kanaal swem – die ander swemprestasie waarvan ’n mens gereeld hoor.

Dis ’n dekade later, en haar ongelooflike prestasie is nou op Netflix. In die fliek vertolk Annette Bening die rol van Diana. Daar’s

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related