SARIE

’N NUWE BEGIN VIR MICHELLE

Michelle Botes gloei – haar vel lyk soos porselein en haar donkerbruin hare, nog in dieselfde kort styl waarmee kykers haar destyds op kykNET se Binneland Sub Judice leer ken het, blink in die middagson by die Binnelanders-stel in Johannesburg.

“Dis die seelug!” sê sy. “Ek het ook ophou rook vir omtrent ses jaar, wat wondere vir die vel doen. Eintlik begin ek weer vir myself vaal lyk noudat ek terug is in Johannesburg . . . want natuurlik rook ek weer,” lag sy.

Michelle het die afgelope sewe jaar naby Wildernis in die Suid-Kaap gewoon. Daar, vertel sy, het sy nooit grimering gedra nie. “Ek het byna nooit vir myself in die spieël gekyk nie. Dit het my so goed gedoen, my vel het vernuwe, want ek het van binne vernuwe.”

Dit het vir my begin voel dis byna ’n geval van wegkom of doodgaan. Ek was uitgebrand

Aanhangers was geskok toe Michelle van hul skerms af verdwyn toe sy in 2013 uit Johannesburg weg is – op die kruin van haar sukses. Nadat in 2010 verlaat het, was sy eers weer vir so drie jaar as op SABC3 se gunstelingfeeks, Cherel de Villiers, te sien, voor sy sak en pak af is Kaap toe. “Ek was op pad na ’n vriendin se plaas op Bathurst in die Oos-Kaap, maar toe ek oor daai heuwel ry en Wildernis in die mis sien lê, op ’n dag wat dit so liggies gereën het, moes ek stilhou. En toe bly ek.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related