Etienne is oneindig dankbaar dat die geledere van Trompoppie-akteurs sulke groot name insluit.
“Ek het so bitter baie respek en waardering vir elke liewe een van die akteurs. Dis ’n enorme eer om saam met legendes soos Frank Opperman, Marion Holm, Joanie Combrink en Albert Maritz te kon werk.