DIE pienk prinses van onsinnige sêgoed, die skatryk erfgenaam Paris Hilton, was nog altyd vrygewig met die deel van haar lewensadvies.
Soos: “Loop altyd asof jy ’n onsigbare tiara dra.” “Die lewe is te kort om in te pas.” “Leef elke dag asof dit jou verjaardag is.” En: “ ’n Ware erfgenaam is nooit lelik met ander mense nie – behalwe met