Huisgenoot

SWEMMER SE WENSINDROOM

UIT die gang klink ’n geklingel soos Kersklokkies. Dan kom Minke Janse van Rensburg by die sonkamer van haar ouerhuis ingestap met ’n klomp medaljes om haar nek. Aan haar regter-én linkerarm hang nog van hulle. Almal vir swem.

“Sjoe, jy het al baie gewen. Jy is vinnig.”

“Ja, Oom, báie.”

Dié jong swemsensasie is vanjaar as Suid-Afrika se Gestremde Sportvrou van die Jaar aangewys deur die departement van sport, kuns en kultuur.

En dís maar net een van Minke (19) se vele prestasies. Sy is nou die houer van vyf wêreldrekords vir swemmers met gestremdhede. Daarby is sy een van net drie swemmers met downsindroom wêreldwyd wat al as junior swemmer – dit beteken 16 jaar en jonger – ’n ope wêreldrekord teen deelnemers van alle ouderdomme

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related