Landbouweekblad

Gee 100% vir die 10% binne jou beheer

Rugbywêreldbeker 2023

Die voormalige Springbok-kaptein en oud-Haai-slot Johann Muller het in van die wêreld se bekendste stadions uitgedraf – Twickenham in Londen, Murrayfield in Edinburg, Stade de France in Parys . . .

Johann het 25 toetse en twee Wêreldbekerkampioenskappe agter die rug. Hy was deel van die Bokgroep wat die Wêreldbeker in 2007 gewen het toe hulle Engeland in die eindstryd met 15-6 geklop het.

Maar terwyl hy en sy spanmaats dwarsoor die wêreld rugbygeskiedenis verewig het, wou Johann nog altyd teruggaan na “die lekkerste plek” waar hy al ’n rugbybal gegooi het – hul familieplaas buite Mosselbaai.

Die plaas Patrysfontein is al vir ses generasies en meer as 200 jaar in die Muller-familie. Daar is nog altyd met “iets van alles” geboer: volstruise, skape, melk- en vleisbeeste en graan. Dit is ook hier waar Johann plaasrugby saam met die werkers se kinders gespeel en hy en sy broer, Ignatius, mekaar bloedneus gegee het in die stryd om die bal.

Hy en sy vrou, Mariska, wou hul drie kinders op die platteland grootmaak en toe Johann in 2014 sy rugbystewels ophang, het die besluit maklik gekom om heeltyds saam met sy pa en broer te boer.

“Dit was ’n hengse voorreg om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related