Anderkant die reënboog
Dit was weer een van daardie weke waarin ons pal op die pad was. Die lekkerte van om met ’n ou vriend op te vang, nuwe mense te ontmoet en dinge te beleef.
Greytown in KwaZulu-Natal is eerste aan die beurt. In die prentjiemooi misgordelwêreld met sy bosbouplantasies, gesaaides en skugter rietbokke. Die tuiste van oom Angus Buchan en Pannar se hoofkantoor.
In Pannar se