NIE net het elke orgaan in jou lyf magnesium nodig om reg te werk nie; dié mineraal help jou ook om energiek te voel, beskerm jou tande, hou jou beendere sterk en laat jou spiere reg funksioneer.
Magnesium is ook soos ’n waghond wat toesien dat ’n klomp ander voedingstowwe in jou liggaam doeltreffend werk – waaronder kalsium, sink en vitamien D.
Dit beteken wanneer jy genoeg magnesium in jou liggaam het, kry jy bykomende beskerming teen siektes