Weg!

Van Oribi tot die Amfiteater

ROETE KWAZULU-NATAL

DAG 1

Oribiravyn na Kamberg (266 km)

Die miswolke trek vanoggend vinnig weg teen sonsopkoms, en ek stap die paar honderd meter van my chalet in die Oribiravyn-natuurreservaat tot by die Baboon-uitkykpunt waar die diep, beboste kloof voor my lê.

Die Oribiravyn is ’n plek waar jy kan stap (hier is ’n paar kort dagroetes), sommer net padlangs piekniek hou, of tjoepstil sit met jou verkyker en wag vir ’n knysnaloerie om sy rooi vlerke tussen die bome te flits. Van hier waar ek met my fleskoffie sit, sny die Umzimkulwanerivier nog vir ongeveer 20 km ooswaarts deur die landskap – dan sluit dit aan by die groter Mzimkhulurivier wat 9 km verder by Port Shepstone wyd en bruin in die Indiese Oseaan uitmond.

Dalk het jy hier aan die KZN-Suidkus kom uitspan en dis tyd vir terug Gauteng toe mik. Die enigste probleem is... jy’s nog nie uitgevakansie nie! Dan is dié roete spesiaal vir jou, want dit skram doelbewus weg van die groter paaie en korrel noordwaarts na die Drakensberg. Padlangs ry jy deur dramatiese landskappe en oor jolige riviere (jy ry weer ’n slag oor die Mzimkhulu, net hoër bo seespieël), en ervaar trapsgewys hoe die wêreld rondom jou verander namate jy hoër en hoër klim: van die Suidkus se suikerrietplantasies tot teen die mistige kranse van die Amfiteater waar die Tugelarivier aftuimel.

Die roetemerkers hierlangs kan soms verwarrend wees – en daarom verskaf ek stap-vir-stap aanwysings sodat jy maklik kan saamtoer. Jy ry soms teerpad, maar ook grondpaaie wat in die reënseisoen vra vir ’n bakkie of sportnutsvoertuig.

Koffie en drie beskuite

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related