Weg! Ry & Sleep

In ’n sirkel deur die land

Het die lus jou al ooit beetgepak om jou bakkie te laai en die land plát te ry? Met hierdie bielie van ’n reis-plan verbind jy al 9 provinsies én 12 van Suid-Afrika se bekendste veldrybestemmings in ’n enkele sirkelroete. Die roete is byna 10 000 km lank en jy bly sover moontlik weg van hoofstede, snelweë en teerpaaie; jy mik eerder vir agterpaaie, grondpaaie en 4x4-tweespore. Padlangs is daar egter genoeg groot dorpe waar jy proviand kan aanskaf vir die volgende been van jou reis.

Jy kan die hele roete aaneenlopend ry, maar ook elkeen van die verskillende bene afsonderlik – ons dui die minimumafstand en aanbevole dae vir elkeen aan.

Die roete word hier antikloksgewys aangedui, maar jy kan hom grotendeels ook in die teenoorgestelde rigting ry. Boonop kan jy op enige punt wegtrek, maar vir hierdie oefening begin en eindig ons in Johannesburg. Dié reisplan is slegs ’n roetebeskrywing en sluit nie oornagplekke in nie, want elke streek het uiteraard ’n aantal besienswaardighede, alternatiewe agterpaaie en interessante draaie weg van die hoofroete af. Buitendien het elke ou sy eie voorkeur van daaglikse afstande en slaapplekke, maar as jy min of meer op hierdie roete bly, kan jy Suid-Afrika binne vyftig dae van hoek tot kant verken.

Maak jou langafstandtenk vol en maak seker die yskas werk. Ons gaan vir ’n rukkie op die pad wees...

KALAHARI EN AUGRABIES

Die eerste 540 km uit Gauteng is ongelukkig op die N14-snelweg. Ja, dit is nie die lekkerste begin nie, maar dit is die vinnigste manier om by die eerste been van die toer – die Kalahari – uit te kom.

Van Kuruman af mik jy noordwes met die R31 deur Hotazel en Vanzylsrus na Askham. Hier neem die R360 jou al langs die Nossobrivier noordwaarts tot by Twee Rivieren, waar jy die Kgalagadi-oorgrenspark binnegaan.

Gee jouself genoeg tyd hier om die park se ikoniese leeus op die grond- en sandpaaie tussen die rooibruin duine te gaan soek. Jy kan ook die Leeudril-4x4-sirkel-roete

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep3 min read
Stellantis slaan ’n 6
In hierdie uitgawe wyk ons af van die gewone ry-indrukformaat omdat ons by een geleentheid verskeie voertuie getoets het. Dit dien ook sommer as ’n kykie agter die skerms op wat dikwels by voertuigbekendstellings gebeur. Maar kom ons begin by die beg

Related