Weg!

Dís ons staatmakers

TOAST COETZER

Fujifilm X-E4 met XF 18-55 mm-lens

Tydens die Naukluft-roete (sien bl. 52) het ek deels met my Samsung A32-slimfoon en Fujifilm se X-E4-kamera foto’s geneem. Die X-E4 is natuurlik spieëlloos en daarom lekker kompak – die 18-55 mm-lens is eweneens kort en lig, en daarom is dié ’n goeie kombinasie vir ’n langer staptog waar jy nie jou“groot kanon”wil saamsleep nie.

Dié model is egter nie meer op die rak nie. Die nuwe Fujifilm X-T5 (897 g) is in grootte omtrent dieselfde, maar het heelwat opgraderings.

R32 000

ormsdirect.co.za

Jim Green se African Rangerstewels

Een van my getroue Hi-Tec-stapstewels se sole het tydens die stap losgetrek– deels my skuld, want ek het dit lanklaas gedra… Hoewel ek dit intussen mooi laat regmaak het (by Babu’s Footwear in Kaapstad

021 465 1947), het ek besluit om ’n nuwe paar stewels te koop.

Ek begeer al lankal ’n paar Jim Greens – mooi stewels wat in KwaZulu-Natal gemaak word. Die maatskappy het vroeër vanjaar ’n oplaag van sy gewilde African Ranger in buffelleer gemaak en ek het blitsig my naam op die lys gesit! Vir elke 10 pare Rangers wat verkoop word, word ’n paar aan ’n veldgids of bewaarder geskenk – jy voel dus sommer goed wanneer jy jou kredietkaart tap!

Vanaf R2 000 by

jimgreenfootwear.co.za

K-Way Compact-stapstokke

Een van my twee stapstokke het reeds in 2016 in Rwanda agtergebly, maar gelukkig het ek net een nodig. Ek is basies nooit ordentlik fiks vir enige lang staproete wat ek aanpak nie en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related