Weg!

Dis Krismis!

TOERUSTING

ESMA MARNEWICK

Ruitplakkers

’n Mens kan nie help om afgunstig te voel as jy ’n bakkie of stasiewa met ’n agterruit vol plakkers van eksotiese bestemmings sien nie. Dié plakkers is nie meer ’n gegewe soos in die ou dae nie, of die wat beskikbaar is in winkeltjies, kom nog uit die jare toet.

Die ontwerper BenGrib het gelukkig ingegryp. Hy het ’n rits mooi en moderne plakkers ontwerp van Suid-Afrika se nasionale parke, Wes-Kaapse natuurreservate en gunsteling-strande. Die plakkers – te koop in stelle van 20 tot 25 plakkers – is ’n gawe geskenk vir die gereelde reisiger in jou lewe.

R300 vir ’n stel shop.bengrib.co.za

Skin Creamery-sonroom

Teen hierdie tyd weet jy dat jy elke dag sonskerm moet dra en nie net wanneer julle see toe gaan nie. Maar wie wil nou sonroom hê vir Kersfees? Die veganis in jou lewe gaan dol wees oor dié getinte sonroom met ’n SBF 25.

Dit voel soos ’n gewone gesigroom, ruik soos die veld en gee jou wange ’n gesonde gloed. Vitamien E en skwaleen, ’n bevogtiger wat natuurlik voorkom in onder meer olywe en suikerriet, hou jou vel gevoed. Dit word in ’n glasbotteltjie verkoop.

R400 skincreamery.com

Vlekvryestaalwynglas

Jy kan seker op ’n stap- of kampnaweek wyn uit jou koffiebeker drink, maar dit voel en lyk net nie feestelik nie. Drink liewer koffie uit dié mooi en byderwetse Lizzard-wynglas.

Die duursame beker hou drinkgoed koud én warm. Die stewige dekseltjie met ’n klein opening sorg dat jou peuters nie die piekniekkombers sopnat bemors nie.

R280 lizzardonline.com

Tra.Dish.Nalwynkoelsak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related