Weg!

’n Kus vir elke seisoen

Op die strandmeer lyk dit asof die pienk flaminke op die turkoois water geborduur is. Nader aan my wei ’n trop elande rustig en een lig nou en dan kop om na my te staar. Die uitsig van die bopunt van Seeberg af stel eenvoudig nooit teleur nie en op dié windstil wintermiddag lyk die omgewing ekstra-mooi. ’n Mens kan die grootste deel van die Weskus- nasionale park hier van Seeberg af sien: Postberg lê in die weste en die Geelbekbesoekersentrum in die suide. Net Schaapen-eiland lê weggesteek buite sig by Langebaan. Aan die voet van die uitkykpunt skarrel dassies van een veilige lêplek na die volgende en koggelmanders geniet elke sonkol.

Die park is die tuiste van diverse landskappe: duine naby Geelbek, enorme granietrotse, soutmoerasse en ’n stormagtige see. Die Langebaan-strandmeer is die hart van die park en die beskutte baaitjies soos Kraalbaai lok die hele jaar lank besoekers. Die park het egter spesifieke trekpleisters elke seisoen… Ons vertel jou hoekom jy herfs, winter, lente én somer moet kom.

HERFS

(Maart – Mei)

Die dae is steeds warm, maar die sterk somerwinde wyk. Jy hoef nie die hele tyd jou sonhoed

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related