Van Kamiesberg tot kus
Toe ek die tent ooprits, stoot ’n ligte seebries onmiddellik sy soutasem na binne. Die branders slaan teen die rotse slegs etlike meters voor my. Dit druis in my ore soos ’n radio wat kliphard stasie soek.
Ek klim uit en sien ’n potblou hemelruim. Ek draai in die rondte en bespied die horison. Niks. Nie ’n enkele wolkie nie. “Sam!” skreeu ek opgewonde vir my meisie. “Die son is uit! Ons gaan uiteindelik vandag blomme sien!”
Dis ons derde oggend in die Namakwanasionale park en ons kamp by die Skuinsbaai-Noord-kampplek. Ons kon net vier dae afknyp om Namakwaland se blomvertoning te aanskou. Tot dusver was dit nog heeltyd bewolk of reënerig.
’n Mens mog nie kla oor reën in hierdie gebied nie, maar vanoggend is ek ekstaties oor die gebrek daaraan. “Laat ons oppak en ry,” sê ek.
Ons trek weg en ry kuslangs tot by die Spoegriviermonding. Al wat jy vir kilometers aaneen sien, is ’n strook donkerblou see, skuimwit branders en donker rotse.
By die monding swenk ons regs en mik vir die noordelike deel van die park. Ons ry dié deel binne by die Hondeklipbaaihek, en volg dan weer die Rooikat-ekoroete se kronkels.
Eers ry jy met ’n tweespoorpad deur vetplantkaroovlaktes vol melkbosse, vygies en soutslaai in skakerings van vaal en groen voordat jy by die verlate Riethuis-plaasopstal uitkom. Ons gaan loer na die houtwiel van ’n ou perdemeul in ’n skuur agter die plaashuis voordat ons verder ry.
Van Riethuis af klim
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days