Weg!

NOORD-KAAP

KGALAGADI-OORGRENSPARK

Die Kalahari is ’n magiese plek: rooiduine, kameeldoringbome, die brul van ’n swartmaanhaar in die donker... Hierdie droë park strek oor die grens tussen Suid-Afrika en Botswana en voel wild en ongerep.

DOEN DÍT Jy kan die park in jou eie voertuig verken, maar bespreek ten minste een begeleide wildrit op jou besoek. Die hoofkampe bied soms wildritte in die oggend of laatmiddag aan – dit neem sowat 2½ ure. Doen navraag by die ontvangskantoor. R373,70 p.p.; minimum 2 mense per rit.

Bewaringstarief R110 p.p.; R55 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Die drie hoofkampe – Twee Rivieren, Mata-Mata en Nossob – het swembaddens, vulstasies en winkels. Kamp is R430 p.n. met krag; R360 p.n. sonder krag vir 2 mense, plus R104 p.p. ekstra en R52 per ekstra kind 2-11 jaar. Selfsorgchalets en kothuise met slaapplek vir 2-6 mense: Vanaf R1 350 p.n. vir 2 mense, plus R300 p.p. ekstra en R150 per ekstra kind 2-11 jaar.

Die ses wilderniskampe is nie omhein nie en jy moet jou eie drinkwater, brandhout en kos saambring. Huisies is R2 220 p.n. vir 2 mense. Kalahari Tented Camp vanaf R2 180 p.n. vir 2 mense, plus R300 p.p. ekstra en R150 per ekstra kind 2-11 jaar. (Geen kinders jonger as 12 mag by Kieliekrankie, Urikaruus, Bitterpan, Gharagab of Grootkolk oorbly nie.)

Waar? Sowat 265 km noord van Upington.

Kontak 054 561 2000 (Twee Rivieren)

|AI-|AIS/RICHTERSVELD-OORGRENSPARK

Sien kokerbome en halfmense (soek mooi, hulle is skaars) in hierdie bergwoestyn wat oor die Oranjerivier na Namibië strek. Dis ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related