Weg!

LIMPOPO

MARAKELE- NASIONALE PARK

Van die hoogste berge in die Waterberg toring hier bo die Bosveldvlaktes uit. Ry bergop tot by die Lenong-uitkykpunt vir ’n grootse uitsig en bekyk die kransaasvoëls wat hoog bo jou draai – hulle broeikolonie is hier naby.

DOEN DÍT Hier is elke dag twee wildritte, een in die oggend en een teen sonsondergang – elk sowat 2 ure. R320 p.p.; R160 per kind 2-11 jaar.

Bewaringstarief R63 p.p.; R31 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Bontle-ruskamp: Kamp (met krag) vanaf R340 p.n. vir 2 mense; R104 p.p. ekstra; R52 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Safaritente vanaf R1 530 p.n. vir 2 mense; R300 p.p. ekstra; R150 per kind 2-11 jaar.

Tlopi-tentekamp: Safaritente vanaf R1 780 p.n. vir 2 mense; R150 per kind 2-11 jaar. Motswere-kothuis (slaapplek vir 8 mense) vanaf R3 060 p.n. vir 4 mense; R540 p.p. ekstra; R270 per kind 2-11 jaar.

Hierdie tariewe is geldig tot 31 Oktober 2023.

Waar? Sowat 12 km noordoos van Thabazimbi.

Kontak 014 777 6928 (ontvangs); 012 428 9111 (besprekings); sanparks.org/bookings

KRUGERWILDTUIN – sien bl. 123

PRIVATE RESERVATE NABY DIE KRUGER

Hierdie private reservate grens aan die wildtuin in Limpopo. Hulle is aan die duurder kant, maar vra jou kriptomiljoenêr-neef om te betaal wanneer hy weer kom kuier.

• Thornybush- private wildreservaat thornybush.com

• Kapama- private wildreservaat kapama.com

• Klaserie- private natuurreservaat klaseriereserve.co.za

• Balule- private wildreservaat balule.org.za

• Makalali- private wildreservaat makalaligamereserve.org

• Selati-wildreservaat selatigamereserve.co.za

WOLKBERG-WILDERNISGEBIED

Wolkberg vorm

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related