Weg!

LIMPOPO

MARAKELE-NASIONALE PARK

As jy gedink het die Bosveld is plat en lyk oral dieselfde, wag tot jy Marakele sien. Van die hoogste berge in die Waterberg toring hier bo doringbome uit en ’n mens kan eenvoudig nie ophou staar nie. Ryberg op tot by die Lenong-uitkykpunt vir ’n grootse uitsig en bekyk die kransaasvoëls wat hoog bo jou draai – hulle broeikolonie is hier naby.

DOEN DÍT Hier is elke dag twee wildritte, een in die oggend en een teen sonsondergang – elk sowat 2 ure. R315p.p.; R157 per kind 2-11 jaar.

Bewaringstarief R60p.p.; R30 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Bontle-ruskamp: Kamp (met krag) vanaf R325p.n. vir 2 mense; R100p.p. ekstra; R50 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Safaritente vanaf R1470p.n. vir 2 mense; R290p.p. ekstra; R145 per kind 2-11 jaar.

Tlopi-tentekamp: Safaritente vanaf R1705 p.n. vir 2 mense; R145 per kind 2-11 jaar. Motswere-kothuis (slaapplek vir 8 mense) vanaf R2 935p.n. vir 4 mense; R530p.p. ekstra; R265 per kind 2-11 jaar.

Waar? Sowat 12km noordoos van Thabazimbi.

Kontak ✆ 014 777 6928

MAPUNGUBWE-NASIONALE PARK

Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe kom in hierdie park tussen sandsteenkoppies en kremetarte bymekaar. Mapungubwe bestaan uit ’n oostelike en ’n westelike deel wat deur privaatplase van mekaar geskei word. Die samevloeiing van die Shashe-en Limpoporivier is in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related