Weg!

WES-KAAP

Wat is ’n Wild Card?

As jy gereeld van Suid-Afrika se gewildste parke en reservate besoek, sal ’n Wild Card jou heelwat geld bespaar. Wanneer jy by Sanparke se Wild lojaliteitsprogram aansluit, kry jy ’n jaar lank gratis toegang tot meer as 80 nasionale parke en reservate in Suid-Afrika en eSwatini.

Jy betaal dus nie die daaglikse bewaringstarief wanneer jy jou kaart wys nie. Die kaart kan by die volgende vennote van die program gebruik word: Sanparke, Cape Nature, Ezemvelo KZN Wildlife (nie al die reservate nie), en Msinsi (oorde naby Durban en Pietermaritzburg) – gaan na 🖰 wildcard.co.za vir ’nvolledigelys.

Jy kan ’n lidmaatskap vir alle parke en reservate koop óf net vir sekere groepe. Verskillende pakkette is beskikbaar: Jy kan aansluit as ’n individu, ’n paartjie (enige twee mense) of ’n gesin (twee volwassenes en tot vyf kinders jonger as 18). ’n Kaart vir al die parke kos R755 vir een mens; R1 245 vir ’n paartjie; en R1 520 vir ’n gesin (tariewe geldig tot 31 Oktober 2022).

Jy kan jou Wild Card by ’n park of reservaat koop, maar dis makliker om dit aanlyn te doen by 🖰 sanparks.org/wild_new/

TUINROETE-NASIONALE PARK

Groen woude, riviere wat saggies kabbel, strande wat jy wil skilder… Die park het drie dele – Wildernis, Knysna en Tsitsikamma (Nature’s Valley en Storms riviermond) – wat oor die Wes-en Oos-Kaap strek.

DOEN DÍT Die vyf dae lange Otterroete (45km) loop van Stormsriviermond na Nature’s Valley – hierdie staptog is gewild en jy moet ten minste ’n jaar vooruit bespreek. R1 450p.p.

Vir ’n rustiger uitstappie, volg die stil Drupkelders-staproete (4,5km) deur die woude noord van Sedgefield. Aan die eindpunt is van Wildernis: R50 p.p.; Knysna: R42p.p.; Nature’s Valley: R60p.p.; Stormsriviermond: R68p.p. Halfprys vir kinders 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek

Related Books & Audiobooks