Weg!

OOS-KAAP

ADDO-OLIFANT-NASIONALE PARK

Addo is bekend vir sy olifante, maar die res van die Groot Vyf kom ook hier voor. Die park het verskeie dele: Darlington, Kabouga, Zuurberg, Nyathi, Addohoofkamp, Colchester, Woody Cape en Voëleiland. Behalwe vir laasgenoemde, wat nie toeganklik is nie, kan jy danksy die goeie padnetwerk die res oor ’n langnaweek besoek.

DOEN DÍT Moenie die Woody Cape-deel van die park onderskat nie. Jy kan die Alexandria-duineveld besoek en op die Boomdassie-dagstap (7km) sien ’n mens pragtige voëllewe en boomorgideë.

Bewaringstarief R90p.p.; R45 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Addo-ruskamp: Kamp met krag vanaf R350p.n. vir 2 mense; R100p.p. ekstra; R50 per ekstra kind 2-11 jaar (4 mense per staanplek).

Safaritent vanaf R945p.n. vir 2 mense. Woudhutte (slaapplek vir 4 mense elk) vanaf R1100p.n. vir 2 mense; R290p.p. ekstra; R145 per ekstra kind 2-11 jaar. Selfsorgchalets en-kothuise vanaf R1265p.n. vir 2 mense. Rondawel vanaf R1780p.n. vir 2 mense. Domkrag-en Hapoorgastehuis (slaapplek vir 6 elk) R5600p.n. vir 4 mense; R530p.p. ekstra; R265 per ekstra kind 2-11 jaar.

Langeboshutte in die Alexandriawoud: R1770p.n. vir 4 mense; R290p.p. ekstra; R145 per ekstra kind 2-11 jaar (slaapplek vir 8 mense).

Matyholweni-ruskamp: Kothuise vanaf R1695p.n. vir 2 mense; R290p.p. ekstra; R145 per ekstra kind 2-11 jaar.

Narina-boskamp: Tente met gemeenskaplike ablusiegeriewe.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related