Weg!

WES-KAAP

Wat is ’n Wild Card?

As jy gereeld Suid-Afrika se parke en reservate besoek, sal ’n Wild Card jou heelwat geld bespaar. Wanneer jy by Sanparke se Wild-lojaliteitsprogram aansluit, kry jy ’n jaar lank gratis toegang tot meer as 80 nasionale parke en reservate in Suid-Afrika en eSwatini.

Jy betaal dus nie die daaglikse bewaringstarief wanneer jy jou kaart wys nie. Die kaart kan by die volgende vennote van die program gebruik word: Sanparke, Cape Nature, Ezemvelo KZN Wildlife (nie al die reservate nie), en Msinsi (oorde naby Durban en Pietermaritzburg) – gaan na wildcard.co.za vir ’n volledige lys.

Jy kan ’n lidmaatskap vir alle parke en reservate koop óf net vir sekere groepe. Verskillende pakkette is beskikbaar: Jy kan aansluit as ’n individu, ’n paartjie (enige twee mense) of ’n gesin (twee volwassenes en tot vyf kinders jonger as 18). ’n Kaart vir al die parke kos R790 vir een mens; R1 300 vir ’n paartjie; en R1 590 vir ’n gesin (tariewe geldig tot 31 Oktober 2023).

Jy kan jou Wild Card by ’n park of reservaat koop, maar dis makliker om dit aanlyn te doen by sanparks.org/wild_new/

TUINROETE- NASIONALE PARK

Groen woude, riviere wat saggies kabbel, strande wat jy wil skilder... Dié park het drie dele – Wildernis, Knysna en Tsitsikamma (Nature’s Valley en Stormsriviermond) – wat oor die Wes- en Oos-Kaap strek.

DOEN DÍT Die vyf dae lange Otterroete (45 km) loop van die Stormsriviermond na Nature’s Valley – hierdie staptog is gewild en jy moet ten minste ’n jaar vooruit bespreek. R1 500 p.p. 012 426 5111 Vir iets rustiger, volg die Drupkelders-staproete (3,4 km) deur die woude noord van Sedgefield. Aan die eindpunt is van die grootste, skoonste bergpoele denkbaar. R52 p.p. 076 906 8125

Bewaringstarief Wildernis: R52 p.p.; Knysna: R44 p.p.; Nature’s Valley: R63 p.p.; Stormsriviermond: R70 p.p. Halfprys vir kinders 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

Kamp (met krag) vanaf R330 p.n. vir 2 mense; R104 p.p. ekstra; R52 per ekstra kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Rondawels vanaf R490 p.n. vir 2 mense. Boshutte (slaapplek vir 2-4 mense) vanaf R930

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related Books & Audiobooks