AS KIND was ek ’n baie aktiewe mens. Rondhardloop en sport was altyd my ding. As tiener was ek net so aktief. Ek het op laerskool begin rugby speel.
My pa is baie gesond, hy hou net baie van eet. Ek’t foto’s van my pa gesien in sy eerste lewe – die een voor ons familie. In sy eerste lewe was hy baie aktief. Hy was die ou met die sixpack wat die Bruce Leefilms gekyk het. Daai karakter het ook baie oorgespoel in my.
Ek en Thando Sithole doen al drie of vier jaar dié bootcamps vir mense in die gemeenskap by ’n skool in Eersterivier. Ons twee is die coaches. Hy’t my approach, want hy’t geweet ek’s altyd active – ons