Soms is die golwe so hoog soos toringgeboue en so swart soos die nag, maar altyd, altyd hou ek vas aan die gedagte: Wanneer die bootjie die kruin van die golf bereik, sal ek land sien.
God het in my moederskoot mos reeds geweet wat Hy vir my beplan. Ek ry bloot saam, veilig in daardie bootjie met sy stuurman wat van liefde aanmekaargesit is.
die titel van my boek oor my reis met kanker, word my slagspreuk. Wanneer mense my vra hoe dit nou met my gesondheid gaan, lig ek my ken en sê “kanker schmanker!”. Ek het van die begin af besef dat ek en kanker vir baie lank sinoniem met mekaar gaan wees. Op ’n slinkse manier word die siekte deel van ’n mens se identiteit.