Rooi Rose

Crystal-Donna vasbeslote vegter

OP 26 MAART 2014 PLAAS CRYSTAL-DONNA ROBERTS ’n foto van haar met geen grimering aan nie op Instagram. Op die papier wat sy vashou, staan: “No makeup selfie. Go to cansa.org.za & donate.” Die #nomakeupselfie-veldtog op sosiale media was gemik op die bevordering van kankerbewustheid. Min het Crystal op daardie dag geweet sy sou vier en ’n half jaar later ’n kankerpasiënt wees.

Al is dit nie maklik om oor haar pad met kanker te praat nie, het Crystal tog besluit om haar storie met rooi rose-lesers te deel.

“Op sosiale media is ons so geneig om altyd die goeie en glansryke te deel, soos my en Schalk (Cornelessen) se troue in 2015, of toe ek laas jaar by die Cannes-rolprentfees was, maar die slegte dinge deel ons dikwels nie en ons moet! Ek dink glad nie ek is meer spesiaal as enige ander borskankerpasiënt net omdat ek in die kollig is nie, maar ek hoop my storie sal dalk ander mense in dieselfde situasie minder alleen laat voel, of vroue aanmoedig om hulle te laat toets en gereeld self te ondersoek.”

Ek is ... genoeg, beeldskoon, ’n vegter, sielvolle gees, sterk, INTELLIGENT, liefdevol, versorgend, lewend, GESOND. Ek kan ...tragedie in TRIOMF omskep!’- Crystal-Donna Roberts

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose5 min read
’n Pa se HART
Ek wou altyd ’n pa wees,” vertel Duane Vermeulen telefonies uit Durbanville. Sy vrou, Ezel, gesels net so lekker saam. “Duane se pa is oorlede toe hy maar agt was, en ek dink dit was vir hom belangrik om ’n pa – en ’n goeie pa – te wees.” Op die agte
Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R

Related