Landbouweekblad

Pa en seun boer vooruit met ‘vyfsterhotel vir varke’

INLIGTING

Ligging: Moorreesburg, Wes-Kaap

Naam: Eenboom

Vertakkings: Koring, kanola, lupiene, Dohne-Merino-skape, Santa Gertrudis-beeste, varke

Grond: Klei, leem en sanderige grond waar weiding geplant word

Gemiddelde reënval: 250-350 mm per jaar

KORTOM

■ Dié Moorreesburgse boer het ou varkhokke op sy plaas gemoderniseer om sy varkboerdery kostedoeltreffender te maak.

■ Wanneer die varkvleisprys daal, ondersteun inkomste uit die familie se saaiboerdery die varkvertakking.

■ Die varkboerdery stel hom in staat om inkomstestrome te diversifiseer sonder om ekstra grond by te huur.

Varke was eens ’n algemene gesig op Swartlandse plase, soos wat die bouvalle van ou varkhokke op talle sulke plase getuig. Maar waar dit op meeste plase tot niet gegaan het, het mnr. Franco Koch en sy pa, Danie, dit uitgebou tot ’n winsgewende boerderyvertakking.

Dié veelsydige pa-en-seun-paar van die Eenboom-boerdery se hoofinkomste is uit koring. Hulle plant ook kanola, hawer en gars vir voer, en daarbenewens bedryf hulle ’n kommersiële Dohne-Merino-skaapkudde en ’n Santa Gertrudis-stoetery, Kochbo Santas, wat al ’n paar skoukampioene opgelewer het.

Volgens Franco was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related