Landbouweekblad

Finaliste is die room van plaaslike veeproduksie

Vanjaar se finaliste in die kompetisie is planmakers, ontwikkelaars en innoveerders soos min. Hulle is reg oor Suid-Afrika versprei, boer in wyd uiteenlopende omgewings (van waterryke gebiede tot droë wêreld), maar het een ding gemeen: Ondanks gemeenskaplike probleme handhaaf hulle hoëgehalteboerderye wat met een oog op die toekoms floreer.

Landbouweekblad het die geleentheid gehad om op ’n toer saam met die beoordelaars elkeen te besoek en meer uit te vind.

Japie Marais

Distrik: Cradock

Plaas: Lowlands

Skaapras: Dohne-Merino

IN die Karoowêreld, reg langs die Visrivier, produseer Japie van die plaas Lowlands uitstekende lammers. “Ons boerdery produseer lusern, mielies, neute en volstruise, maar die grootste vertakking is die kleinveekomponent,” sê hy.

Japie boer met Dohne-Merino’s danksy die ras se aanpasbaarheid en vrugbaarheid. Japie, wat ramme uit sy stoetery, asook stoorlammers of vetlammers bemark, laat sy kudde in die somer in die veld wei, met winterweiding wat uit mieliereste, dekgewasse en raaigras bestaan.

“Ons ooie loop nege maande in die veld en word daarna lande toe gebring om te lam. Die gebruik van dekgewasse is ook om die voervloei te verbeter en tussen oeste plant ons weidings vir die ooie om te lam.”

Om rekordhouding te verbeter, lam stoetooie in hokkies, terwyl die kudde-ooie in kleiner weidingskampe lam. Japie se lamsyfer die afgelope drie jaar beloop 108%.

“Ons teeldoelwitte is om diere te kry wat vrugbaar en aangepas vir ons omgewing is. Daarna volg dit dat sy ’n lam vroeg moet speen teen ’n goeie gewig.”

Sy lamspeengewigte is rondom 24 kg, maar hy bemark sy lammers teen rondom 33 kg. In die voerkraal word lammers op 24 kg ingeneem met 70 dae staantyd. “In daardie tyd is ons gemiddelde daaglikse toename 300 g per dag, met ’n gemiddelde voeromsetting

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh