Avontuur Afrika

Die laaste hoera

Ons Weskus avontuur het in die klein kusdorpie van Elandsbaai begin. Met dié dat Noup ongeveer 520km vanaf ons tuiste in Wellington is, was die afstand net te lank vir die twee honde – Pepsi en Mila – wat ons op hierdie avontuur vergesel het. Die bakkie het skaars by Elandsbaai gestop of die honde is by die deure uit. Ons het vinnig kamp opgeslaan en koers gekies strand toe om saam met ons viervoetige vriende te gaan baljaar. Terug by die kamp het ‘n groot Rummikub toernooi begin terwyl die vuur lekker knetter.

Die volgende oggend vroeg het ons opgepak en ná ontbyt by die hotel het ons weer in die pad geval. Volgende stop: Noup!

By Garies is die bakkie volgemaak (die petrolstasie by Koingnaas sou nie oop wees op ‘n Sondag nie) en die seuns en honde het ‘n laaste draai geloop. ‘n Paar kilometer verder het ons op die grondpad by die Hondeklipbaai/Koingnaas bordjie links gedraai. Die country musiek het oor die radio geblêr terwyl die wind alles in die bakkie deur die oop vensters verwaai het… dinge het reg geloop en die Hilux het die kilometers soos soetkoek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Reiswenke
• Visum-en toegangsvereistes: Meeste Afrika-paspoorthouers benodig ‘n visum om Europese lande binne te gaan. Bestudeer die spesifieke visumvereistes van die land wat jy van plan is om te besoek en doen vroegtydig aansoek vir jou visum. Maak seker dat
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s
Avontuur Afrika3 min read
My Ryding & Ek
Stuur foto’s van jou en jou ryding na: info@4x4afrika.com “Ons was nog altyd behep met avontuur en die buitelewe, altyd op soek na daardie perfekte kampvuur – en hoe meer afgeleë daardie kampvuur is, hoe beter! As jy dit van die gebaande pad af wil w

Related Books & Audiobooks