Avontuur Afrika

Spanwerk laat die plan werk

Dit het alles in Kambodja begin, toe ek ‘n Poolse dame met die naam Kinga tydens ‘n onbeplande besoek aan Koh Ta Kiev-eiland ontmoet het. Sy is ‘n ware rugsakreisiger en het, op die ouderdom van 45, reeds 35 lande besoek! Haar visier was volgende op Afrika gerig en ons het aan die gesels geraak. Aangesien my paspoort op die punt was om te verval, het ek planne gemaak om na Suid-Afrika terug te keer, maar ons het kontak behou en oor ‘n moontlike maandlange reis na Suid-Afrika se buurlande te verken, gesels.

Hoe sou ons egter met hierdie reis te werk gaan? Moes ons ‘n volledig toegeruste voertuig vir sowat R1 000 per dag huur? Moes ons eerder die maklike ding doen en op ‘n georganiseerde safari gaan? Of moes ons ‘n reismaat kry om die kostes te deel? Laasgenoemde het die meeste sin gemaak en sou aan ons die vryheid bied om die plekke te besoek wat ons graag wou sien en ons sou so lank kon bly as wat ons wou.

Goed, maar waar kry mens so iemand? Heel toevallig het ons op ‘n kêrel met die naam van Gary afgekom, wat reeds presies so ‘n reis vir homself en sy oorlede verloofde beplan, bespreek en betaal het. Hy het iemand gesoek om hom te vergesel en ‘n toevallige plasing op die Botswana Travel Facebook-blad het ons bymekaar gebring.

Aangesien dit Gary se eerste landreis sou wees, het hy twee jaar lank noukeurig aan die reis beplan. Hy het sy 4x4-sleepwa toegerus vir elke moontlike situasie waaraan hy kon dink. Nadat ons oor sosiale media en toe telefonies gesels het, is besluit dat ons moet ontmoet. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Volstoom vorentoe

Middel April het ons, in Gary se Renault Duster, vanaf my huis in Durban op ‘n tog van 9 000km vertrek. Ons eerste stop was in Clarens in die Vrystaat, waar Kinga haar eerste voorsmakie van Suid-Afrika gekry het. Sy het in die oulike dorpie rondgeloop en ons het haar na Golden Gate geneem, waar sy vir die eerste keer ‘n sebra gesien het. Haar opgewondenheid was aansteeklik en ons het weereens besef hoe gelukkig ons is om in hierdie pragtige land

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Reiswenke
• Visum-en toegangsvereistes: Meeste Afrika-paspoorthouers benodig ‘n visum om Europese lande binne te gaan. Bestudeer die spesifieke visumvereistes van die land wat jy van plan is om te besoek en doen vroegtydig aansoek vir jou visum. Maak seker dat
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s
Avontuur Afrika3 min read
My Ryding & Ek
Stuur foto’s van jou en jou ryding na: info@4x4afrika.com “Ons was nog altyd behep met avontuur en die buitelewe, altyd op soek na daardie perfekte kampvuur – en hoe meer afgeleë daardie kampvuur is, hoe beter! As jy dit van die gebaande pad af wil w

Related Books & Audiobooks