Kgalagadi-n avontuur vol kontras
Met die fiasko van ‘n jaar wat ons almal in 2020 beleef het, het ons nie eens naastenby genoeg tyd in die bos deurgebring nie. Ons het dus baie uitgesien na ons jaarlikse Desembervakansie wat ons al vroeg in Februarie bespreek het. Toe mense hoor ons beplan om agt nagte in Desember in die Kgalagadi deur te bring, het hulle ons aangekyk asof ons mal is. Dit het my laat dink aan die bekende Rudyard Kipling aanhaling: “Only Mad Dogs and Englishmen go out in the noonday sun.”
Eintlik verkies ek om my Desembervakansie in ‘n warm en droë woestynklimaat deur te bring, eerder as om die humiditeit van die kus saam met die res van Gauteng aan te durf, so ons het ons nie gesteur aan die kritiek nie. Ons het geweet ons gaan warm kry want ons het al Desembermaande in die noorde van Namibië en die Serengeti deurgebring.
My vrou Desiree en dogter Savannah was nog nooit in die Park nie want ons het jare laas ‘n toer na die Suid-Afrikaanse deel van Kgalagadi gereël. Ek het dus my bes gedoen om hulle opgewonde te maak met stories van menige besigtigings van roofdiere en pragtige Kalahari sonsondergange. Hulle is albei baie lief vir die bos, so dit was nie té moeilik nie en kort voor lank het die tyd aangebreek om die Cruiser te pak en koers te kies in ‘n westelike rigting op die lang en vervelige N14.
Ons eerste oornagstop was by ‘n baie netjiese klein gastehuisie genaamd “Die Mynhuis”, in Kuruman. Elke keer as ek deur Kuruman ry, val dit my op hoeveel die dorp agteruitgegaan het sedert my vorige besoek. Hierdie keer was dit weer die geval, so ons het besluit om vroeg die volgende oggend te vertrek en eerder ontbyt in Kathu te nuttig voordat ons die langpad na Twee Rivieren aanpak, waar ons die eerste twee
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days