Huisgenoot

EK KIES DIE LAND BO ESKOM

TJOEF, gaan die krag af die oomblik toe Eskom se André de Ruyter in die Dainfern-gholflandgoed se klubhuis instap. Sy skalkse glimlag sê hy snap die ironie.

“Jammer, dis beurtkrag. Die kragopwekker gaan nou inskop,” maak die kelner verskoning – onbewus van met wie hy praat. André glimlag net. “Ek het soveel simpatie,” sê hy saggies. Dan, hierdie keer harder: “Cappuccino, asseblief. Ek kort kafeïen.”

Hy het duidelik nóg ’n harde week agter die rug. Beurtkrag dryf Suid-Afrikaners tot raserny, en as hoof van die sukkelende kragreus is André pal in die spervuur. Eskom het ’n nuwe direksie, maar ook daaroor heers verdeeldheid. Enersyds word die nuwelinge geloof; andersyds is daar kommer oor enige moontlike bande met sekere staatsamptenare. Boonop is André se kritici die josie in omdat hy steeds in sy pos is.

En toe die dramatiese wending: André maak bekend hy het ’n versteekte, hoogs gevorderde meeluister-en opsporingstoestel in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related