Huisgenoot

TOE WORD DIE SEE SKIELIK ROOI

WANNEER ’n mens in die restaurant instap, merk jy dit dadelik op: kerse, blomme en krale gerangskik om foto’s van ’n glimlaggende brunet.

Dis hoe Diego Milesi, die eienaar van Ferdinando’s Pizza in Kaapstad, sy lewensmaat wil onthou – vol skoonheid en vreugde.

Hoe hy haar beslis nie wil onthou nie, is hoe hy haar die laaste keer gesien het: dood op ’n strand nadat ’n haai haar gebyt het.

Huiwerig, asof die pyn nog te vlak lê, begin Diego vertel van die dag toe die liefde van sy lewe deur ’n grootwithaai doodgemaak is.

Hy, Kimon Bisogno en hul tweejarige dogtertjie, Luna, het net die vorige aand op Plettenbergbaai aangekom vir ’n luilekker vakansie. Kimon was die oggend van 25 September vroeg uit die vere. Sy wou die water al voor agtuur aandurf terwyl die strand nog stil was.

“Sy het haar rooi swembroek gedra,” onthou Diego met ’n weemoedige glimlag. “Ek het haar so

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related Books & Audiobooks