Die legende van die Verlore Vallei
Die legende begin in 1837 toe die Voortrekkerleier Piet Retief met nagenoeg 55 ossewaens en honderde trekkers aan die voetheuwels van Kerkenberg laer trek. Hulle is op pad Natal toe.
Retief en ’n paar manskappe gaan verken eers hierdie nuwe wêreld, maar is beïndruk met wat hulle sien en laat weet die trekkers met hulle terugkeer dat die trek voortgaan.
Basta, besluit vyf van die families klaarblyklik. Hulle is g’n lus om met Brit of Zoeloe oor ’n stukkie aarde te kibbel of onderhandel nie. Hulle mik weswaarts, en sowat 30 km van Kerkenberg af kom hulle op ’n pragtige vallei af. Die vallei het net een natuurlike ingang en word verder deur kranse omring.
Die ingang is te rof vir die trekkers se ossewaens, en daarom moet hulle al hulle besittings met pakdiere die vallei in dra, waar elke familie ’n hoekie vind.
Volgens die legende het hierdie families langer as 100 jaar in algehele afsondering in die vallei voortbestaan. Hulle het niks geweet van die buitêwereld se doen en late nie. Nie van telefone of stowe of ’n stort nie. Kinders het ook nie ’n dag se skool gesien nie.
Dit was eers in 1948 dat Sep de Beer, ’n joernalis van die koerant Harrismith Chronicle, die verlore volkie in die verlore vallei ontdek en die wêreld van hulle bestaan uitgevind het.
Dít is die legende.
Memel is ’n ompad as jy Geluksburg te mik. Maar dit is hier waar die grondpad Normandienpas se kant toe begin slinger. Drankensberg se kant toe. Al die pad na die Verlore Vallei toe.
Die Memel-hotel is ’n historiese spilpunt in die dorp se hoofstraat. Mense kom en gaan, daar’s altyd iemand. Die restaurant se bloukaasburger, afgewas met ’n sterk koffie, loop mooi.
Memel word omring deur die geskiedenis. Die slag van Majuba. Britse forte. Die 1914-rebellie, wat op ’n plaas buite die dorp beplan is.
Die S56-grondpad net buite die dorp is verlate. Die pad slinger deur die berge, tussen plase deur, en daar is ’n pragtige vista om elke draai. Die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days