Huisgenoot

Kom laat ons JAN BRAAI

Peri-peri-BEES-ESPETADAS

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING: 120 MIN. / GAARMAAK: 10 MIN.

MARINADE

◗ 8 knoffelhuisies, fyngekap
◗ ’n paar klein brandrissies (verkieslik African Bird’s Eye) fyngekap
◗ 125 ml (½ k) olie
◗ 125 ml (½ k) druiweasyn
◗ 250 ml (1 k) vars suurlemoensap
◗ 250 ml (1 k) water
◗ 25 ml (5 t) paprika
◗ 25 ml (5 t) brand-rissiepoeier
◗ 25 ml (5 t) sout

ESPETADAS

◗ 2 kg kruisstuk
◗ 8 sosatiepenne

1 Marinade Plaas al die bestanddele in ’n niereaktiewe houer soos ’n glashouer of ’n herseëlbare plastieksak en meng goed.

2 Espetadas Sny die vleis in blokkies van 3-4 cm, maar onthou dit is nie ’n eksakte wetenskap nie.

3 Plaas die vleisblokkies in die peri-peri-marinade. Meng goed sodat al die blokkies deeglik daarmee bedek is. Laat die vleis 2 uur in die yskas marineer. Die marinade is nogal sterk, so dit sal lank genoeg wees.

4 Deel die blokkies gelykop en ryg aan die sosatiepenne.

5 Braai die espetadas ongeveer 8 min. oor baie warm kole vir lig-tot halfgaar. Draai dit 4 keer gedurende die braaiproses om.

6 Terwyl die vleis braai, kry die marinade aan die kook in ’n klein kastrol of pan op die vuur of op die stoof. Jy moet die marinade deeglik laat kook, want daar was rou steak in en ons wil dit nou as ’n sous gebruik.

7 Giet die kokende marinade – wat nou eerder ’n sous as ’n marinade is – oor die gebraaide espetadas en sit dit aan jou gaste voor.

WENK

As jy blokkies van 3-4 cm wil sny, moet jy steaks koop wat minstens so dik is – so gaan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related