Huisgenoot

Bredies vir die BIBBER

Pinotage-BEES-SKENKELBREDIE

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 2-3 UUR

Geïnspireer deur ’n tradisionele Franse beesvleisbredie, maar met ons eie kinkel. Hierdie bredie kan ook in ’n prutpot berei word.

◗ 1,5 kg beesskenkels of -potjiekosvleis (met been)
◗ sout en vars gemaalde peper
◗ 30 ml (2 e) olie
◗ 2 uie, in dik skywe gesny
◗ 6 knoffelhuisies, gekneus
◗ 2 lourierblare
◗ 4 takkies tiemie
◗ 1 takkie roosmaryn
◗ 2 stele seldery, gekap
◗ 4 wortels, geskil en in dik stukke gesny
◗ 250 ml (1 k) pinotage of ander droë rooiwyn
◗ 250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
◗ kookwater, soos nodig
◗ 250 g sampioene, gehalveer
◗ 15 ml (1 e) meel gemeng met 30 ml (2 e) water

VIR VOORSIT

◗ vars basilie
◗ bykos van jou keuse

1 Geur die vleis met die sout en peper. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis in sarsies tot goudbruin oraloor. Skep uit die kastrol en hou eenkant.

2 Braai die uie oor matige hitte tot sag. Voeg die knoffel, lourierblare, tiemie en roosmaryn by en roerbraai ’n paar minute tot geurig.

3 Voeg die seldery en wortels by, en skep die vleis terug in die kastrol. Giet die wyn by en laat prut 10 min.

Giet die aftreksel by. Indien die vleis nie heeltemal bedek is nie, voeg ’n bietjie kookwater by. Laat die bredie 1½-2 uur oor matige hitte prut of tot die vleis sag is. Roer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related