Huisgenoot

VAN BACHELOR TOT BOEMELAAR

DIT lyk meer soos ’n ramptoneel as ’n kamer in ’n gastehuis.

Die vertrek is bestrooi met klere, vullis, leë drankbottels, glase, selfs kondome wat uit hul verpakking verwyder is. Plek-plek is dit duidelik dat iemand binne die kamer vuur gemaak het. Die mikrogolfoond se bord lê stukkend en ’n waaier is gebreek.

Is dit hoe inbrekers ’n plek los, wonder ’n mens nadat jy na die foto’s van die chaos gekyk het? Of is dit ’n dwelmhool wat deur die polisie deursoek is?

Nee, sê die eienaar van die gastehuis. Dis hoe een van haar kamers gelyk het nadat Lee Thompson, die 34-jarige hartebreker wat in die maatsoekreeks The Bachelor South Africa deelnemers se knieë lam gemaak het, daar oorgebly het.

Lee is onder die publiek dalk bekend as ’n vleispaleis en fiksheidsrolmodel wat in glansbestemmings rondhang, maar volgens die gastehuiseienaar onder wie se dak hy sowat twee maande gebly het, het hy die afgelope ruk in slegte gedrag verval. Sedert sy hom uitgeskop het, beweer sy, woon hy haweloos op straat.

Die eerste wat verneem van die voormalige TV-Bachelor se beweerde nuwe lewenswending, is ’n e-pos wat dié vrou, eienaar van ’n paar gastekamers in Kaapstad, aan ons skryf. Sy vertel Lee, wat kykers ken as die hartebreker wat in die program rooi rose aan sy vryers uitgedeel het, het teen R300 per nag een van haar kamers in Buitenkantstraat in die middestad oorgebly.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related