Huisgenoot

SO HELP MY, INTERNET

‘VIR ’N VERHOOR OM SO OP SOSIALE MEDIA GEVOER TE WORD, IS NIE GESOND NIE’

SENSITIEWE lesers wees gewaarsku: Die hofsaak tussen Johnny Depp en Amber Heard kan jou hare laat rys.

Dis nie net omdat daar bewerings van skokkende geweld is nie; daar is ook aantygings wat die smerigste egskeiding na ’n piekniek laat klink. As alles wat in die hof gesê is waar is, het Amber eendag op Johnny se kant van hul bed ontlas om hom ’n streep te trek. Hulle het dwelms soos MDMA op hul troue bedien. Hy het haar seksueel aangerand met ’n bottel. Sy het ’n stuk van sy vinger met ’n wodkabottel afgesny en ’n sigaret in sy gesig doodgedruk.

Dít als word beweer in die hofsaak, tans onderweg, waar dié twee wedywer om te kyk wie die meeste modder kan gooi. Hoeveel hiervan waar is, weet nugter, maar dit keer nie hul aanhangers om kant te kies nie. Die saak word selfs regstreeks gestroom.

Johnny se ondersteuners gebruik die hutsmerk “Justice for Johnny” en beweer hy is die slagoffer van ’n siek vrou wat vals aantygings teen hom gemaak en in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related