SAAK VAN SKADE & SKANDES
JOHNNY DEPP gee nie om om ’n “monster” of alkoholis of dwelmslaaf genoem te word nie, maar by “vroueslaner” trek hy die streep
Trouens, dié belediging in ’n artikel in 2018 het die 57-jarige akteur aangespoor om die Britse koerant The Sun hof toe te sleep – en die onthullings in die hofsaak laat ’n mens se mond behoorlik oophang.
Bewerings oor jaloerse woedeaanvalle, rusies wat deur dwelms aangevuur is, wraaksugtige poetse – die Johnny van wie ’n mens in onlangse weke in ’n Britse hof gehoor het, is ver verwyder van die beeld van die Hollywood-superster.
Maar moenie glo Amber Heard (34) – sy eksvrou, wat beweer sy moes die meeste van Johnny se wreedheid verdra – is heeltemal onskuldig nie, het Johnny by die hof gepleit.
Volgens hom het-aktrise onder meer ’n keer in hul bed ontlas, bottels na hom geslinger en sy vinger afgesny.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days