Huisgenoot

PYN IN DIE PUIN

‘HERE, SPAAR ONS; MOENIE DAT ONS IN DIE MODDER STERF NIE’

SELFS in haar onrustige slaap bly Lottie de Beer vanaand bewus van die huilende wind wat die bome buite grondwaarts buig, en die reën wat nou al dae lank onophoudelik neerkletter. Maar dis die skril “pieng!” van haar selfoon wat haar vervaard in haar bed laat regop sit.

Dis skuins ná 01:00 op Dinsdag 11 April. Die bejaarde De Beer-egpaar van Westville, Durban, weet dit nog nie, maar op hul drumpel dreig een van die ergste natuurrampe wat Suid-Afrika in dekades getref het …

Terwyl Lottie half beneweld op die gloeiende skermpie probeer fokus, raak sy bewus van ’n vreemde gerammel en geruis wat ál nader kom. Dan is sy eensklaps wawyd wakker, want die boodskap van hul bure lees: “Daar was ’n grondverskuiwing … Maak seker julle is veilig.”

Haar man, Hennie, skuifel na die stoep en staan verbysterd deur wat hy sien. Buite lyk die teerpaaie soos riviere, en massas water bruis teen die heuwel af. Lottie roep hom na binne – en vyf minute later skeur die vloed van water en modder die stoep van die huis af weg. “Ons moet uitkom!” skree Lottie. “By die agterdeur uit, nou!”

Aan die ander kant van die heuwelagtige Westville skrik Gerhard en Mollie Kemp wakker weens ’n harde dreungeluid. Dan is daar ’n onverwagte, harde slag en al die ligte gaan af. In die dowwe lig van haar flits sien Mollie oomblikke later ’n skrikwekkende toneel: ’n Moddervloed het deur haar kombuisdeur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Bianca Terblanche Oor Harry De Villiers
DIT was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Allesbehalwe. Ek het ’n ander ou gedate toe ek vir Harry ontmoet het. Hy was amper 10 jaar ouer as ek. Ek en sy broer was saam op skool op Aliwal-Noord. Ons paaie het in 2015 die eerste keer gekruis. E
Huisgenoot8 min read
Die Klank Van Sy Lewe
ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het. Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy l
Huisgenoot4 min read
Hoekom Grom My Maag Soms?
‘WAT dink julle van dié een?” vra Bibi en hou ’n geel top met kolle in die lug. Sy is besig om deur ’n klomp klere te gaan sodat sy kan besluit watter klere sy moet hou en watter klere sy moet uitgooi. “Mal daaroor. Jy lyk baie mooi in geel, so ek di

Related