Landbouweekblad

Eiers se sukses strek oor drie geslagte

Een van haar helderste kleintyd-herinnerings was hoe hulle met haar ma se groen Ranchero gaan eiers aflewer het, vertel me. Anphia van der Walt van die plaas Hamelfontein in die distrik Trompsburg.

“Dan ry ons op die grondpaaie met die Ranchero vol gelaai met hout-eierkratte wat elk 30 dosyn eiers bevat het. En, nee. Die eiers het nie gebreek van die geskud nie – ’n eier is baie sterker as wat jy dink.”

Haar ma, me. Marietjie Alexander, se eierboerdery het hul drie susters se skoolen koshuisgeld betaal. As haar pa, Derek, se skaapboerdery swaar getrek het, het die hoenders hulle weer deur die moeilike tyd gehelp en omgekeerd.

Die eerste hoenderboer op Hamelfontein was eintlik ouma Kotie Alexander, Derek se ma. Die storie van dié hoenderboerdery het ’n bittersoet begin. “My pa het ’n ouer sussie, Marna, gehad wat verlam was. Die dokters kon nooit vasstel presies wat fout was nie. Later was Marna só siek dat sy nie meer kon skoolgaan op die dorp nie. Toe sy nou heeltyds by die huis moes bly,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related Books & Audiobooks