Weg! Platteland

Verkleurmannetjies van die kombuis

Ekhet grootgewordmet ’n kosbiblioteek waarin daar net twee patatgeregte was: Die een is tradisionele soetpatats, wattot vandagtoe my gunsteling-bygereg is, en patats watheel in die skil in die oond of vuur gebak word.

Gelukkig het ek lank gelede ontdek daar skuil veel meer in dié knolle.Patatsisinwerklikheid een vandie veelsydigste groentesoorte watvir smaak of tekstuur gebruik kan word in enigiets vankoek, nageregenbrood tot slaai, vulsels en smere.

Leipoldt se gestoofde patats

Skil vier jong middelslag-patats en sit dit dadelik in soutwater. Sny die patats in skywe. Haal die patatskywe uit die water en druk dit versigtig droog. Verhit ’n groot klont skaapstertvet of botter in ’n gietysterpot. Voeg die patat, ’n koppie heuning (of suiker), ’n bietjie gesifte meel, ’n strooisel kaneel, ’n stukkie foelie (mace) en sout na smaak by. Gooi ’n koppie kookwater bo-oor, sit die deksel op en laat dit dan baie stadig prut. Skud die pot af en toe, maar moenie roer nie – die stukke moet heel bly.

Patatbrood

Maak die patats in die vuur gaar as jy kan – ’n mens proe die rokerigheid in die brood.

Maak 2 groot brode

Bereidingstyd 2 uur

Baktyd omtrent 1 uur

JY BENODIG

500 g gaar patat (1 groot of 2 middelslag-patats)
2 koppies (500 ml) lou water
1 blikkie (330 ml) bier
10 koppies (1,2 kg) witbroodmeel
1 pakkie (10 g) kitsgis
4 teelepels (20 ml) sout
2 teelepels• • • • •

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
My Paadjie Platteland Toe
Ek is maar ’n stadsjapie. My eerste nege lewensjare was in Seepunt, gevolg deur ewe veel tyd in Vrede-hoek, Kaapstad. Dié skuif is het gekom nadat my oupa oorlede is en ons gesin by my ouma ingetrek het. Een van die lekkerste dinge van Vredehoek was
Weg: Platteland1 min read
Hoe Lyk Dit Met ’n Kaart?
Baie dankie vir julle tydskrif wat so propvol inligting is. Ek is regtig gaande daaroor. Ek het voorheen in Limpopo gewoon en hou daarvan om na interessante plekke toe te reis. Ek sal baie daarvan hou as julle ’n kaart van Suid-Afrika aan die binneka
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g

Related