Huisgenoot

DIE WÊRELD SE MAGTIGSTE ‘GIRLFRIEND’?

AS JY Jeff Bezos se selfies aan boord van ’n plesierboot in Sint Bartholomeus sien, sal jy twee keer kyk.

Met sy sonbril aan en ’n stywe bont hemp wat lyk of dit aan sy 58-jarige lyf getatoeëer is, het die Amazon-baas meer soos ’n rapper gelyk as ’n sakeman wat in skakerings van beige bekendheid verwerf het.

Agter sy nuwe voorkoms sit die beeldskone brunet wat om hom gedrapeer was op die 27 m lange boot Tender To – ’n vaartuig wat teen $42 000 (R630 000) per week te huur is.

Lauren Sanchez het 2022 binnegedans in ’n ruglose metaalkleurige katpak wat min aan die verbeelding oorgelaat het. En waarom nie? As Forbes ooit ’n lys van die magtigste “girlfriends” ter wêreld sou saamstel, sal dié 52-jarige mediapersoonlikheid heel bo wees.

Onderaan Jeff se Nuwejaarselfie – met die onderskrif dat hy “persoonlike groei, hernuwing, hergeboorte” vier – het Lauren, wat al minstens drie jaar aan sy sy is, geskryf: “Ek het jou lief, skat. Om elke rede en sommer net.”

Toe Jeff en Lauren in Julie 2019 by Wimbledon hul

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related