Weg!

BINNE DIE PARK: SUID-AFRIKA

HOOFKAMPE

Net die hoofkampe het vulstasies en winkels. Al die vulstasies het petrol en diesel en aanvaar brandstof-, kredieten debietkaarte. Sorg dat jy kontant by jou het, want die masjiene is nie altyd aanlyn nie (slegs Twee Rivieren het ’n kitsbank). Die winkels is soos ’n klein supermark en verkoop alles van ys, vleis, bier en hout tot tandepasta en seep (en roomys!). Die Kalahari se water is brak – bring jou eie kanne water as jy nie van die smaak hou nie, of koop gebottelde water by die winkel.

33 Twee Rivieren

Dié groot ruskamp is langs die droë Nossobrivier by die suidelike ingang van die park. Dis die park se hoofkwartier en ’n grenspos – as jy na of van Namibië (via Mata-Mata) of Botswana reis, moet jy hier aandoen en ten minste twee aande in die park slaap.

Buiten die ontvangskantoor waar jy jou papierwerk doen, is hier ’n winkel, ’n vulstasie (onthou om jou banddruk tot 1,6 bar te verlaag vir grondpadry), ’n restaurant, kitsbank, inligtingsentrum en swembad. Dis die enigste kamp waar jy heeltyd krag en selfoonontvangs het.

Omdat Twee Rivieren die meeste besoekers se eerste óf laaste oornagplek in die park is, is die kampplek dikwels bedrywig. Hier is 24 staanplekke met krag en 6 staanplekke sonder krag – 6 mense per staanplek en netjiese gemeenskaplike ablusiegeriewe. R400 met krag en R335 sonder krag vir 2 mense, R100 p.p. ekstra en R50 per ekstra kind (2-11 jaar).

Die 31 kothuise is A-raamselfsorgeenhede met lugverkoeling en slaapplek vir 2-6 mense. Hier is ’n toegeruste kombuis en badkamer. Die kothuise met die beste uitsigte is dié wat op die duineveld in die rigting van die Nossobrivierloop en aangrensende Botswana uitkyk. Kothuise vanaf R1 425 p.n. vir 2 mense, R290 p.p. ekstra en R145 per ekstra kind (2-11 jaar).

Maak seker jy gaan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related