Weg!

NOORD-BOTSWANA

OKAVANGOPYPSTEEL

Dis maklik bereikbaar synde ’n (slegte) teerpad verby al dié plekke loop – jy kan dit met ’n 4x2 ry. Die pypsteel is die bekostigbaarste plek (maar jy’ t ook luukse opsies) waar jy die Okavango kan proe.

71 Xaro Lodge

Hierdie luukse tentlodge is net suid van Shakawe, en ’n puik voëlkykbestemming. Pryse begin by US$390 (R7 410) p.n. vir 2 mense, met ontbyt en aandete. Jy word per boot soontoe geneem.

00 267 72 807 476
xaro-lodge.com

72 Shakawe River Lodge

Sowat 10 km van die dorpie Shakawe. Die lodge is gewild en het kampplek en chalets in die oewerbos. Kamp kos P265 (R368) p.p. en P135 (R188) per kind 5-11 jaar; gratis vir kinders jonger as 4. Chalets P2 690 (R3 739) p.n. vir 2 mense, met ontbyt. Hulle bied ook bootvaarte aan.

00 267 684 0403 info@shakawelodge.com

73 Askiesbos Samochima Bush Camp

Hierdie lekker plek is op die plaas Klipsop net noord van die Shakawe River Lodge. Hier is kampplek, 2 bostente op dekke en 3 riviertente op dekke. Kamp kos P150 (R209) p.p. en die tente vanaf P1 200 (R1 668) p.n. vir 2 mense wat deel. Maaltye beskikbaar teen ekstra koste.

Jy kan ook ’n huisboot, die Delta Belle, bespreek. Dit kos P14 500 (R20 155) per dag op selfsorgbasis vir die hele boot (vir tot 10 mense), of P14 500 (R20 155) p.d. plus P450 (R626) p.p. per dag met etes, maar nie jou drankies nie.

Hulle bied ook bootvaarte, visvang, daguitstappies na die Tsodilo-heuwels en allerhande kultuurervarings in die distrik. Die gemeenskap word betrek en ondersteun deur dié aktiwiteite.

00 267 73 505 170 (Dammann)
00 267 73 505 193 (Hettie)
samochimabushcamp.com

74 Drotsky’s Cabins

Hierdie klassieke Okavango-blyplek is 10 km suid van Shakawe en gewild onder hengelaars én voëlkykers. Chalet: P1 985 (R2 759) p.n. vir 2 mense. Maaltye beskikbaar teen ekstra koste. Kamp: P300 (R417) p.p.p.n., halfprys vir kinders jonger as 12 jaar oud. Kontak hulle direk vir pryse in rand.

00 267 683 0226 (Piet)
00 267 7212 2971 (WhatsApp)
drotskys.com

75 Nxamaseri Island Lodge

Dié lodge is op ’n eiland naby Ncamasere. Hulle fokus veral op vlieghengel. Kontak hulle vir tariewe.

00 267 680 1494
desertdelta.com

76 Swamp Stop

’n Lekker plek naby Sepopa! Hier is kampplekke onder bome op die rivieroewer met water, krag en braaigeriewe. Kamp kos P230 (R320) p.p.; halfprys vir kinders jonger as 12. Saans is die seekoeie jou bure... (jy is nou baie ver van die Menlyn Mall, dis vir seker!) En suite-kamers met lugversorging kos P1 544 (R2 146) p.n. vir 2 mense. Die en suite-safaritente wat oor die rivier uitkyk, kos P1 155 (R1 606) p.n. vir 2 mense. Die tariewe sluit BTW en die regeringsheffing uit. Die dek bokant die restaurant is net die plek om ontbyt te geniet en die rivier dop te hou. Hier is ook ’n leefdeel en swembaddens. Swamp Stop bied bootritte en visvanguitstappies aan.

00 267 72 610 071
swampstop@gmail.com
swampstop.co.bw

77 Nguma Island Lodge

Dis noord van die dorpie Etsha 13. Die lodge lê op die oewer van die Guma-lagune. Kamp kos P266,50 (R370) p.p.p.n. Safaritente vanaf P2 495,20 (R3 468) p.p., met ontbyt en aandete (geldig tot Desember 2024; sluit BTW en bedheffings in).

00 267 73 560 120
ngumalodge.com

78 Guma Lagoon Camp

Draai by Etsha 13 van die A35-hoofpad af en volg die aanwysings na die kamp. In die vloedseisoen het jy ’n 4x4 nodig vir die laaste paar kilometer sand en water tot by die kamp, maar as jy ’n 4x2 ry, parkeer jy bloot jou voertuig onder

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related