Weg!

SUID-BOTSWANA

KGALAGADIOORGRENSPARK

Dié park, wat die gewilde Mabuasehube-deel insluit, is ’n bestemming vir 4x4entoesiaste. Jy moet volkome selfversorgend wees: Vat álles saam.

10 Kampplekke in die Kgalagadi-oorgrenspark

Soos in ander Botswana-parke word verskillende kampplekke deur verskillende instansies bestuur. Die meeste van die kampplekke is in die oostelike deel, Mabuasehube. Die kampplekke genaamd Mabuasehube en Mpayathutlwa (albei in Mabua) word deur die Inter-Tourism Group bestuur.

Die res is openbare kampe en word bestuur deur die DWNP (Botswana se departement van wildlewe en nasionale parke): Entrance Gate, Bosobogolo, Monamodi, Lesholoago, Khiding, Matopi, Sizatswe, Thupapedi, Kaa, Swartpan, Gnus Gnus, Polentswa, Rooiputs en Two Rivers.

Drie kampplekke wat net op die wildernisroetes gebruik word, word ook deur die DWNP bestuur: Sesatswe, Lang Rambuka (Polentswa-wildernisroete – neem drie dae om te voltooi) en Mosomane (Mabua-Nossobwildernisroete – neem twee dae om te ry).

Jy kan die park uit Suid-Afrika óf Botswana binnegaan. Indien jy binne die parkgrens bly, kan jy aan die SA- én Botswana-kant van die park ry sonder om een keer jou paspoort vir iemand te wys. Indien jy wel van Suid-Afrika na Botswana

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg11 min read
’n Gids Tot Die Hibiskuskus
Dis Februarie aan die KwaZulu-Natalse Suidkus en ek kom kyk wat gebeur alles tussen Port Shepstone en Port Edward. Hier is min verkeer, min mense langs die see en ek sukkel glad nie om parkeerplek te kry nie. Ek’s dankbaar (dis immers die stil seisoe
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en